Pliniese uitbarsting

'n Pliniese uitbarsting: 1: aspluim, 2: magmabuis, 3: neerstorting van vulkaanas, 4: lae lawa en as, 5: stratum, 6: magmakamer.
'n Indruk in 1822 deur die Engelse geoloog George Julius Poulett Scrope van hoe die uitbarsting van Vesuvius in 79 n.C. kon gelyk het. Weerlig word uitgebeeld om die kolom van as en gas.

'n Pliniese uitbarsting of Vesuviaanse uitbarsting is 'n vulkaanuitbarsting wat gekenmerk word deur 'n ooreenkoms met die uitbarsting van die berg Vesuvius in 79 n.C. wat die antieke Romeinse stede Pompeji en Herculaneum verwoes het. Die uitbarstings is beskryf in 'n brief deur Plinius die jongere ná die dood van sy oom Plinius die ouere in die voorval.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne